scholarly journals Mobiele toerusting wat die suksesvolle vervoer van intermodale standaardhouers per spoor ondersteun

Author(s):  
WJ Pienaar

Hierdie artikel bied ’n oorsig van die tegniese en funksionele eienskappe van mobiele toerusting wat die suksesvolle vervoer van intermodale standaardhouers per spoor ondersteun. Die toerusting ter sprake is goederetreine, houerspoortrokke, intermodale standaardhouers en mobiele houerhanteringstoerusting. Goederetreine word verdeel in trokvragtreine en eenheidstreine, en die gepastheid van elke treinsoort vir die grootskaalse vervoer van intermodale standaardhouers word aangetoon. Daarna word die twee soorte doelgeboude houerspoortrokke toegelig. Die tien soorte intermodale standaardhouers wat beskikbaar is om goedere in te vervoer, word vervolgens behandel. Ten slotte word die funksies en eienskappe bespreek van hedendaagse mobiele hanteringstoerusting wat doeltreffend aan die houerhanteringsvereistes van moderne intermodale vervoerbedrywighede voldoen.

Sign in / Sign up

Export Citation Format

Share Document