This article aims to answer the question of what belongs to the essence of the church, as God intended it to be, by identifying certain indicators of the essence of the church through a study of one of the central metaphors of the New Testament: the vine in the Gospel of John. Through structural analyses, commentary and metaphorical analyses, several indicators of unity as part of the essence of the church emerge in this metaphor. These indicators are the primacy (or authority) of Christ, trinitarian balance, equality, interdependence, inclusivity, growth and unity (in diversity).Hierdie artikel poog om die volgende vraag te beantwoord: Wat behoort tot die essensie van kerkwees soos God dit bedoel het? Dit word gedoen deur sekere aanwysers van die essensie van kerkwees te identifiseer vanuit ’n studie van een van die essensiële metafore vir kerkwees in die Nuwe Testament, naamlik die Wynstok in die Evangelie van Johannes. Deur middel van struktuuranalise, kommentaar en metaforiese analise kom verskeie eenheidsaanwysers as deel van die essensie van kerkwees in hierdie metafoor na vore. Hierdie aanwysers is die hoër gesag (of outoriteit) van Christus, die balans van die Drie-eenheid, gelykheid, interafhanklikheid, inklusiwiteit, groei en eenheid (in diversiteit).